Saturday, January 23, 2016

Hekel uitdaging

Ek is deel van n hekel en brei groep, die Crazy Crafters, en ek leer ongelooflik baie by die groepie meester breiers en hekeltannies.
Ons uitdaging vir die jaar is n Temperature Blanket, waar jy elke dag se temperatuur vasvang in n ry of blokie vir n kombers. Ek gaan my projek bietjie aanpas...
My inspirasie het gekom vanaf Attic24 se Ripple Blanket. n Mengelmoes van kleure in n netjies chevron patroon. Ek het n vorige keer hierdie chevron gehekel, so ek weet darem ek gaan die patroon baasraak, die groot ding is die kleure! Ek het besluit om n donkergrys as basis kleur te gebruik, en die grys dan deurgans in die bring om die mengelmoes onder beheer te hou. Hou asb dop vir die vordering van die proses.

Labels:

Wednesday, December 02, 2009

Wat niemand jou vertel nie

Ja, jy is swanger, en mense het raad oor alles. Geswelde voete, seer rug, sooibrand, cravings, of dit 'n seuntjie of dogtertjie is. En jy lees boeke oor hoe die swangerskap verloop. Wat elke week gebeur, hoe baba groei en jy koop klere, poeier, roompies, olies. Jy leef gesond, slaap baie, oefen min.
En dan kom die baba; en dalk het jy alles gedoen wat die boeke se - geboorteplan, tas gepak, asemhaling ingeoefen, sweeties en water is reg vir die paar ure wat jy en manlief in die hospitaal gaan wag vir baba. Jy het pajamas gesoek wat oopknoop, want almal se dit werk die beste. Jy het weke lank die baba se goed in en uit gepak. Want juffie moet darem oulik lyk in die hospitaal en wanneer sy huis toe gaan.
Jy kom huis toe na jy in die hospitaal was en mense bel en kom kuier. Bring koekies en jy eet take aways tot jy nie meer vir nog 'n pizza of burger kan kyk nie.
Maar niemand waarsku jou oor die blues nie. Jy huil oor alles en enige iets. Niemand waarsku jou oor die growwe sout baddens wat jy moet vat drie maal (hallo... jy is alleen by die huis en die baba huil al vier ure - wie het tyd om in die bad te le) per dag nie. Niemand waarsku jou oor die SES weke wat jy pms (en bloeding) gaan he nie. En NIEMAND waarsku jou hoe eensaam jy gaan wees in week drie nie. Wanneer almal nie meer kom kuier nie, wanneer jou ma huis toe gaan en niemand meer bel of sms nie.
Want dis dan wanneer jy realiteit in die oe staar, wanneer jy moet begin kosmaak en wasgoed was en huis skoonmaak. En dit terwyl jy net 2 ure se slaap agter die rug het. Wanneer jy in die kar wil klim om net iewers heen te wil gaan.
Jy weet jy is 'n ma wanneer die landskap van jou huis skielik verander. Daar le speelgoed oral rond. Jy kan jou hand op 'n dummy sit in 2 sekondes. Daar is 'n spaar bottel in die yskas en jy kan bottels steriliseer met toe oe. Wanneer jy met 'n spaar dummy en 'n bottel rooibostee in jou handsak spar toe ry om te gaan brood koop.
En wanneer jou hande so grof is dit voel soos skuurpapier van hande was omdat jy bang is jy gee baba een of ander uitslag of siekte. Jy twyfel skielik of handy andy die regte goed is om die bad mee skoon te maak en of dit rerig nodig is om chemikalie te gebruik enigsins in die huis. Wanneer het alles so skerp begin ruik? Waa ris sie raad nou? Wie gaan help?

Labels:

Monday, November 30, 2009

Maya



Hier is my Maya. Sy is gebore in die vroee oggend ure van 5 Oktober 2009. Op hierdie foto is sy drie weke oud, en sy groei teen die spoed van lig. Seker die enigste tyd in mens se lewe wat mens tel hoeveel gewig jy optel en dankbaar is vir elke gram. Sy is die appel van my oog en die lig in meeste dae!

Friday, October 12, 2007

Goeters wat jou maak smile

Ek kry ‘n email van Women 24 oor goed wat mens sommer kan laat beter voel. Die artikel het gehandel oor soveel mense voel dat oktober hulle dood druk, en dat die lewe soms een te veel kan raak. En die lys het ‘n glimlag vir my gebring. Daar was ook lysies vir Happy movies en feel good songs, ekhet hulle bietjie aangepas, sodat my gunsteling ook op daardie lysies is.
Dis soms so lekker om net vir 10 minute te sit ne te dink aan die liede wat jou hart opbeur. En die oomblik in jou gunsteling fliek waar jy kan asem haal en glimlag en saam met die karakters uit jou maag uit kan lag, al kom die trane ook!


1. On geld in die sak te kry van iets wat jy lanklaas aangehad het

2. Om 'n ou jean aan te trek, en hy sit LOS
3. Spoor die ander kous op
4. Wanneer 'n ou liefdejou laat weet hy kan nie ophou aan jou dink nie
5. Om iets te wen

6. Familie en vriende op die lughawe (Kom en gaan)
7. Om by die til agter te kom die item is selfs nog meer afgemerk
8. Spek wat braai in die oggend

9. Om by die huis in te stap en dis skoon
10. Om ou vriende, kennisse en geliefdes op te spoor op Facebook

My Happy movies
• Love Actually
• The little mermaid
• As it is in Heaven
• Uptown Girls
• The Holiday
• Little Miss Sunshine
• Miss Potter
• Spanglish


My Feel Good Songs
• Say a little prayer - Aretha Franklin
• Little bird - Annie Lennox
• I will survive - Gloria Gaynor
• Hollerback - Gwen Stefani
• Jump - for my love
• Say it right - Nelly Furtado
• Stupid Girls - Pink
• Walk like an Egyptian - Bananarama


Wednesday, July 25, 2007

Kaapstad



Dis nou al amper 'n maand later... maar die kuier in Kaapstad bly in my hart speel. Ons het heerlik gekuier en al die mooi goed gaan kyk. Die uitsig vanaf UCT, Langstraat op 'n vrydagaand, Kalkbaai en Simonstad. Langebaan en die Strandloper. Stellenbosch en Strand. Die see kon weer die gate van die lewe toespoel en die vars lug het die aircon stuffiness vervang.
Maar dit was ook lekker om weer vir Dirk en Dessi te sien en hulle langtermyn projek te ontmoet. Mens raak gewoond aan die elke dag hassles van jou eie lewe, en dan herinner so naweek jou wat vriende vir jou beteken en hoe hulle jou siel weer heelmaak. Dankie.
Ek sal die meeste van die fotos op ons usinthersa site post... Johan was immers my partner in crime vir die naweek.
In plaas van sakke vol skulpe, het ek die fotos geneem. amper soos merkers dat mens moet opkyk elke dag en die lug raaksien. nie net die kantoor en die teerpad nie. want daar is mooi in elke dag

Tuesday, June 19, 2007

Plekke waar ek al was...

http://douweosinga.com/projects/

Ek het hierdie link gekry by vriende in die US, dit is scary om te sien hoeveel van die wereld daar is, en dis jammer al die armchair travelling help my net mooi niks! Maar dit is tog lekker om te sien hoe ver jy al getravel het!

Thursday, June 14, 2007

Facebook Fun

Iemand stuur vir my 'n uitnodiging om te registreer op Facebook. Aanvanklik was ek baie skepties, maar gaan op die site. Na 'n week was ek hooked. Kon sien wat almal doen, waar hulle is en lekker lag vir die snaakse goedjies wat almal post. Ek was een dag Jessica van Heroes, die volgende dag Raphael van die turtles. Dan voorspel iemand jou fortune cookie future. Maar dit was lekker om weer vinnig kontak te kan maak met mense. Dit het herinner aan die village idee. Waar mense deel in mekaar se lewe, lief en leed. Want dis maklik, en soort van anoniem. Verander jou status na hartseer, al jou 'friends' simpatiseer met jou. Die lekkerste was om mense op te spoor met wie jy lank gelede kontak verloor het, en om kontak en vriendskap te bou met mense wie jy nie so gereeld kan sien nie.

Ongelukkig is hierdie Facebook so gewild dat baie maatskappye dit goed dink om te block. En dan skielik sit jy weer eensaam, afgesny en 'out of touch'. Toe het ek gaan lees oor waar die fenomeen begin het en wie die mens(e) agter die wereld tendens is. (gaan maak beslis 'n draai by http://en.wikipedia.org/wiki/Facebook)

Die afleiding wat ek kon maak, nadat ek weer moes afstand doen van my verslawing, is dat tegnologie dit maklik maak vir mense om te connect, maar meer belangrik, dat mense die behoefte het om met mekaar te connect, en hulle lewens te deel!