Monday, May 21, 2007

Veels Geluk!


21 Mei is 'n einde van bul, begin van tweeling tyd... dis ook die eerste amptelike wintersdag (en gister het ons gebibber!!!) maar dit was ook die verjaarsdag van Annelie, Amandus, Lizanne en Ofentse.


Baie geluk Annelie. Dankie vir jou vriendskap, dankie vir die wees en die jy-wees. Die lang gesprekke oor gewaste vs ongewaste hare, die soektog na rooi boots, die cubis en bejewelled vrydagmiddae. en alles wat ek by jou kan leer. mededeelsaamheid, geduld, vrede en geluk. mag hierdie nuwe jaar jou hart vol liefde maak en jou omring met warm vriendskappe. Mooi onthou foto's vir eendag in jou hart bewaar!


Thursday, May 10, 2007

My only love sprung from my only hate

A glooming peace this morning with it brings. The sun for sorrow will not show his head. Go hence and have more talk of these sad things. Some shall be pardoned, and some punished. For never was a story of more woe than this of Juliet and her Romeo.
Het die naweek weer so stukkie van die Baz Luhrman Romeo & Juliet gekyk, ‘n meesterwerk sonder weerga. Luhrman het die vermoee om ‘n gewone liefdesverhaal, in hierdie geval die mees klassieke een, te neem en te verander sodat dit spreek tot soveel mense. Die fliek hou mens tog in die palm van sy hand, laat jou die pyn van verbode liefde proe. Dit laat jou huil oor familie trots en ongeregtigheid.

Romeo: Is love a tender thing? It is too rough, too rude, too boisterous, and it pricks like thorn.
Mercutio: If love be rough with you, be rough with love. Prick love for pricking and you beat love down.
Hoekom maak liefde soveel mense seer? Leer mens tog nie dat liefde sag en koesterend moet wees nie? Moet dit jou nie toevou in warmte en teerheid nie? ‘n soort spookasem soetheid?
Het Saterdagaand Darkness Falls gekyk, Caitlin merk op na haar eerste soen met Kyle: ‘it is supposed to taste sweet the first time, not taste like blood’. Hierdie teer omgee tussen die twee karakters bly hulle by selfs na jare wanneer hulle mekaar weer sien.
Caitlin: I can't believe you came.
Kyle: That makes two of us.
Hoekom is soveel van ons eerste liefdes altyd seer, proe soos bloed en laat ons na jare nogsteeds seerkry en huil? Is dit hoe mens weet dat dit nie die regte liefde is nie?
Mense bly tog by mekaar, al is hulle hoe verkeerd vir mekaar, al maak hulle mekaar seer, al slaan hulle emosionele bloedneuse en maak wonde wat in privaatheid bloei en letsels los. Mense wat pyn wegkoop met duur juwele en geskenke.
Liefde los letsels, maak berge hoer en klowe dieper. Dit maak afstand nie ver genoeg nie en laat broers mekaar haat en susters in weerwil van mekaar wegdraai. Linkin Park roep weer vanoggend uit:
I’ve become so numb/ I cant feel you there/ become so tired/ so much more aware / I’m becoming this/ all I want to be/ is more like me and be less like you/
Tired of being what you want me to be…