Vrydae
Vrydae ruik soos die belofte van 'n lewe. Almal werk fluks in die oggend en hoop die dag vlieg verby in'n poging om die land spoed rekord te breek.
Maar vrydae waar die son skyn, soos vandag, kan mens nie anders as om te wens dat jy eerder buite kan wees en die besonderse dag kan deel met mense na aan jou hart nie. Die reuke van lente indrink en die kleure van ontwaking wegsluit in kamers van jou brein. Dis sulke dae wat jy moet bere vir eendag... en aaklige wind dae wat kom krap.
Pluk die naweek en drink hom leeg. Tap elke bietjie lewe daaruit en geniet dit!

1 Comments:
dis waar. en tog so heerlik om 'n Vrydag soos vandag te kan uitsien na 'n luilekker somersnaweek wat voor jou uitgestrek lĂȘ!
Post a Comment
<< Home