Ons hang hier uit op die hond se stert van 2006. Kan nie werklik glo die jaar is verby nie… 1 braai en drie slapies… dan is onsweer aan die begin van ‘n nuwe jaar. Hopelik is volgende jaar volgestop met opwindende en mooi goed. Ongelukkig het elke jaar hartseer ook, en ons sal nie die wie se harte gebreek is vergeet nie.
Daar is nog twee en ‘n half dae oor van hierdie jaar, pluk elek een en druk die sap uit, gebruik hulle op en bel die vergete vriende, maak die amper klaar projek klaar en lees die laaste hoofstuk.
Ek sien vreeslik ui na volgende jaar, want vroeg gaan ek op ‘n groot avontuur. Italie! ‘n Nuwe land met nuwe ervarings. Gaan my siel hervul met mooi goed en elke dag volmaak met iets om te bewaar vir eendag!
Elke dag bring tog mooi goed, mens moet net gaan kyk na wat aangaan. Soek die klein voeltjie wat op die tak sit en sing, kyk hoe die reendruppels op die plante val en hulle verkwik. Dis waar die mooiheid van elke dag le! Nie in die groot presente nie. ‘n Email van die baas wat se almal kan vroeg waai, net omdat ons so hard werk, maar ook vorosiening maak vir die wat moet agter bly. Dis wat dit die moeite werd maak om op te staan!
Gaan pluk vandag en maak iets moois daarvan!
Liefde, pyn en TV familie
Ek sit gisteraand en kyk na my gunsteling storie. McLeods Daughters. Vandat ek op my eie bly, neem my ma dit vir my op, en dan hou ek maraton en kyk al die episodes van die week. En leef my in die wereld van Stevie, Jody, Regan, Dave, Alex en Kate op Drover's Run in. Verbeel my soms dis amper soos uitgebreide familie, en as die reeks eindig is dit asof jy die familie nie gaan sien vir ‘n rukkie nie. En hierdie is familie waarvan mens hou, vir wie jy kwaad raak, maar aan die einde van die episode weer vergewe. Saam met wie jy huil as ‘n liefde verlore gaan en saam met wie jy planne maak as ‘n sake transaksie nie werk nie.
In gisteraand se episode het my hart gebreek saam met Stevie. Die op-en-af wipplank van iemand liefhe. En toe sy hardop roep en vra waarom sy altyd so sukkel en hoekom dinge nooit vir haar uitwerk nie, toe gaan ek aan die ween saam met haar. Mens kan die pyn voel en onthou, al het dit nog net een maal met jou gebeur. Want hoeveel maal het mens iemand so lief dat jy voel asof jy nie kan asem haal as jy nie die ander persoon se stem hoor nie. Dat jou hart letterlik pyn, jou bors voel asof al die bloed uitgeloop het, net omdat die persoon nie op daardie tydstip jou liefde kan beantwoord nie. Omstandighede, kontinente tyd. Die groot spelers in die spel van liefde. Ek was ongelukkig saam met haar, vir haar, want sy en die ander karakter in die reeks is so lief vir mekaar, maar hulle sal eerder alleen so seer he, as om hulle egos te bere en maar te kyk na wat hulle as ‘n span kan bereik.
Skielik wonder ek waarom ek dan so ongelukkig is saam met haar. Ek het tog iemand wat so ongelooflik lief is vir my, en vir wie ek so lief is dat dit my soms bang maak. En weer besef ek heo gelukkig ek is dat ek nie meer deur die hele soek mekaar ding te gaan nie. Ek kan reguit se wat in my hart aangaan.
Vandag dink ek weer aan Bernice, en ek hoop van harte dat haar pyn sal ligter word soos die tyd aangaan. Ek glo ook dat God haar sal vashou en haar hart met tyd sal heelmaak.