Friday, December 01, 2006

Liefde, pyn en TV familie

Ek sit gisteraand en kyk na my gunsteling storie. McLeods Daughters. Vandat ek op my eie bly, neem my ma dit vir my op, en dan hou ek maraton en kyk al die episodes van die week. En leef my in die wereld van Stevie, Jody, Regan, Dave, Alex en Kate op Drover's Run in. Verbeel my soms dis amper soos uitgebreide familie, en as die reeks eindig is dit asof jy die familie nie gaan sien vir ‘n rukkie nie. En hierdie is familie waarvan mens hou, vir wie jy kwaad raak, maar aan die einde van die episode weer vergewe. Saam met wie jy huil as ‘n liefde verlore gaan en saam met wie jy planne maak as ‘n sake transaksie nie werk nie.
In gisteraand se episode het my hart gebreek saam met Stevie. Die op-en-af wipplank van iemand liefhe. En toe sy hardop roep en vra waarom sy altyd so sukkel en hoekom dinge nooit vir haar uitwerk nie, toe gaan ek aan die ween saam met haar. Mens kan die pyn voel en onthou, al het dit nog net een maal met jou gebeur. Want hoeveel maal het mens iemand so lief dat jy voel asof jy nie kan asem haal as jy nie die ander persoon se stem hoor nie. Dat jou hart letterlik pyn, jou bors voel asof al die bloed uitgeloop het, net omdat die persoon nie op daardie tydstip jou liefde kan beantwoord nie. Omstandighede, kontinente tyd. Die groot spelers in die spel van liefde. Ek was ongelukkig saam met haar, vir haar, want sy en die ander karakter in die reeks is so lief vir mekaar, maar hulle sal eerder alleen so seer he, as om hulle egos te bere en maar te kyk na wat hulle as ‘n span kan bereik.
Skielik wonder ek waarom ek dan so ongelukkig is saam met haar. Ek het tog iemand wat so ongelooflik lief is vir my, en vir wie ek so lief is dat dit my soms bang maak. En weer besef ek heo gelukkig ek is dat ek nie meer deur die hele soek mekaar ding te gaan nie. Ek kan reguit se wat in my hart aangaan.


Vandag dink ek weer aan Bernice, en ek hoop van harte dat haar pyn sal ligter word soos die tyd aangaan. Ek glo ook dat God haar sal vashou en haar hart met tyd sal heelmaak.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home