Monday, October 23, 2006

Eerste indrukke

Sy weet nie van liefde nie, sou sy later se, maar sy glo aan wellus met die eerste oogopslag. Onverklaarbare wellus, het sy daardie Vrydagaand besef, toe sy by die kombuis instap en Adriaan voor die stoof sien staan. Met 'n houtlepel in die hand en donkerblou slagtersvoorskoot bo-oor 'n hemp vol verfkolle. Kaalvoet.
Snaaks dat sy dadelik sy voete opgemerk het, kaal en breed en bruin, die voete van 'n man wat nie van skoene hou nie. En sy hande, wat nie vir haar soos 'n kunstenaar se hande gelyk het nie. Groot en geharde hande wat beter by 'n ploegskaar as by 'n verfkwas sou pas. En sy mond, sag en kwesbaar en sensueel, wat die uitdagende uitdrukking op sy gesig weerspreek het. Soos 'n seerplek bokant sy ken.
Wegkomkans - Marita v/d Vyver

0 Comments:

Post a Comment

<< Home