Speel met vuur....

My voorstel is om, as die vleis afgehaal is, almal heerlik ge-eet het en gemoedelik begin voel, 'n paar hout stompe op te sit en na die vuur te staar. Kyk na die dansende vlamme, die speling van kleur en die blou wit vlam wat hardloop oor die stomp. Raak stil en vra jouself waarom vuur so aantrekkingskrag het, waarom mense na die skouspel van rooi, oranje en geel getrek word!
Waarom word liefde en passie dan vergelyk met die verterende oorweldiging van vuur? Is dit nie maar omdat mens voel dat die hitte en mag van die vlamme vergelyk kan word met die intensiteit van die emosie wat ervaar word nie. Die passie neem jou psige oor en oorheers jou daaglikse bestaan. Maar, soos 'n vuur, wanneer die passie nie gevoed word nie, gaan dit ook maar dood soos 'n vuur aan die einde van die aand.
Voed dus jou passie, spandeer tyd saam met die mense vir wie jy lief is, want anders word mens een oggend wakker en al wat oor is van jou lewe is die as van 'n lewe wat was....
0 Comments:
Post a Comment
<< Home