Friday, November 17, 2006

Sweet November

Dit is reeds die middel van November. En die laaste ruk is afskeid neem een van dei groot gebeurtenisse van elke dag. Afskeid neem voor mense op vakansie gaan, afskeid neem van mense wat dood gaan, en afskeid neem van ‘n lewe wat nie meer kan wees nie.

Die gevaarlike deel is om nie die veranderinge raak te sien nie en vas te klou aan die ou herinneringe asook die dele van jou lewe waaraan jy gewoont geraak het en mee gemaklik voel. Maar selfs hierdie elke dag gemak was een maal nut. Waarom nie juis nou, met al die afskeide en eindes iets nuts probeer nie?

Nadat ek per email ‘n lys van 150 dinge om te doen voor jy doodgaan gekry het, het ek vir my ‘n lysie van 5 goed opgestel wat ek gedoen wil he voor die einde van die jaar. Die lang lys van goed laat jou ook weer besef dis die gewone (amper naiewe goed) wat dae die moeite werd maak. Die reenboog na die reen, die reuk van gesnyde gras en vars koffie. Die lys maak da nook dat mens stadig maar seker van die goed aftick, en dit laat jou soveel beter voel oor die maandag tot vrydag gejaag.

Ook het iemand my inspireer om elke dag iets kreatiefs te doen. Iets te maak en my self te voed. In die feesgety (wat ongelukkig in ‘n gejaag na materiele besittings verander het) is dit regtig die moeite werd om iets skeppends te maak. Al is dit nie elke dag nie…

My wens vir die Kersgety (wat so blaas blaas byt byt nader kom) is dat elkeen van ons ietsie kleins in ons harte sal ontdek wat ons menswees sal volmaak. Dat almal se siele gevoed sal word deur glimlagte en samesyn… dit kos immers niks!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home