Monday, October 23, 2006

Weerlig

'n Donderstorm op die hoeveld ruik ongelooflik lekker. Die belofte van reen, die amper angs wat die wind saambring. Jy ruik die donderstorm voor hy losbars, elektries en kragtig.
Die storm woed dan ook al die spinnerakke uit jou siel en ruk die verlore hoekies los voor dit skoongewas en blink is na die stormwater daaroor gespoel het. Soms vee 'n haelbui verby en slaan gate in onstabiele gedagtes en idees. Die stewig geankerde waardes van jou wese bly egter en weerstaan die aanslag van die storm.
So storm is soms nodig. Die maklikste is om by die venster te staan en te kyk hoe die donderweer, ren en hael verby kom. Die krag van die natuur is genoeg om jou te laat besef hoe klein jy eintlik is, en dat jy nie werklik beheer het oor wat aangaan nie. Maar na die storm, as alles vars en skoon ruik, dan is daar tog weer kans om die orige kneusplekke te verbind en op te ruim. En te besef wat rerig belangrik is. Dan drink jy die geure van die na-storm in en kyk na die reenboog, die belofte, dat jy nie alleen is nie.

Eerste indrukke

Sy weet nie van liefde nie, sou sy later se, maar sy glo aan wellus met die eerste oogopslag. Onverklaarbare wellus, het sy daardie Vrydagaand besef, toe sy by die kombuis instap en Adriaan voor die stoof sien staan. Met 'n houtlepel in die hand en donkerblou slagtersvoorskoot bo-oor 'n hemp vol verfkolle. Kaalvoet.
Snaaks dat sy dadelik sy voete opgemerk het, kaal en breed en bruin, die voete van 'n man wat nie van skoene hou nie. En sy hande, wat nie vir haar soos 'n kunstenaar se hande gelyk het nie. Groot en geharde hande wat beter by 'n ploegskaar as by 'n verfkwas sou pas. En sy mond, sag en kwesbaar en sensueel, wat die uitdagende uitdrukking op sy gesig weerspreek het. Soos 'n seerplek bokant sy ken.
Wegkomkans - Marita v/d Vyver

Wednesday, October 11, 2006

Speel met vuur....

Wanneer jy nog jonk is, waarsku mense jou dat jy nie met vuur moet speel nie. Waarom waarsku hulle jou? Is dit omdat dit mooi is en mense aantrek... soos 'n mot na die kers toe. Wanneer het mens ophou kyk na vuur vir die estetiese waarde, en dit slegs begin gebruik vr die funksionele waarde daarvan? Hier word dit nou somer, so meer mense gaan vuur maak om braaivleis op te maak.

My voorstel is om, as die vleis afgehaal is, almal heerlik ge-eet het en gemoedelik begin voel, 'n paar hout stompe op te sit en na die vuur te staar. Kyk na die dansende vlamme, die speling van kleur en die blou wit vlam wat hardloop oor die stomp. Raak stil en vra jouself waarom vuur so aantrekkingskrag het, waarom mense na die skouspel van rooi, oranje en geel getrek word!

Waarom word liefde en passie dan vergelyk met die verterende oorweldiging van vuur? Is dit nie maar omdat mens voel dat die hitte en mag van die vlamme vergelyk kan word met die intensiteit van die emosie wat ervaar word nie. Die passie neem jou psige oor en oorheers jou daaglikse bestaan. Maar, soos 'n vuur, wanneer die passie nie gevoed word nie, gaan dit ook maar dood soos 'n vuur aan die einde van die aand.

Voed dus jou passie, spandeer tyd saam met die mense vir wie jy lief is, want anders word mens een oggend wakker en al wat oor is van jou lewe is die as van 'n lewe wat was....

Friday, October 06, 2006

Vrydae

Vrydae ruik soos die belofte van 'n lewe. Almal werk fluks in die oggend en hoop die dag vlieg verby in'n poging om die land spoed rekord te breek.
Maar vrydae waar die son skyn, soos vandag, kan mens nie anders as om te wens dat jy eerder buite kan wees en die besonderse dag kan deel met mense na aan jou hart nie. Die reuke van lente indrink en die kleure van ontwaking wegsluit in kamers van jou brein. Dis sulke dae wat jy moet bere vir eendag... en aaklige wind dae wat kom krap.
Pluk die naweek en drink hom leeg. Tap elke bietjie lewe daaruit en geniet dit!

Monday, October 02, 2006

Waar om te begin

Elke dag begin met iets moois, dit hang af watter kleur jy kies om dit in te kleur. Soos die tyd aangaan sal die blog hopelik in verskillende kleure versier word. Hou duim vas dat hierdie 'n trip sal wees sonder te veel hartseer trane, en eerder trane van waardering, liefde en geluk!