Thursday, January 11, 2007

Liefde

Nuwe liefde. Wanneer mens die ander persoon se wese wil opneem en indrink en elke oomblik weg van mekaar omwens en die oomblikke saam wil laat speel in stadige aksie. Snowpatrol se Set fire to the Third Bar en Hands Open speel en ek dink vreeslik aan Juaquimme Phillipe en sy nuwe Lolita. Nuwe liefde, maar ook gevestigde liefde. Die nuwe liefde waarin mens inglip en besef dat daar soveel meer is om te ervaar as die gryp en gesteelde oomblikke van die lewe. Mense wat gemaklik is met mekaar. Jy kan van buite af sien dat daar meer as aantrekkingskrag is. ‘n Respek vir mekaar, maar ook respek vir ander om hulle. Maar hulle vul tog die spasie rondom hulle en bring so glans van geluk saam. Dis rerig heerlik om in sulke geselskap te wees.
I'm miles from where you are/I lay down on the cold gound/And I, I pray that something picks me up/and sets me down in your warm arms
Why would I sabotage/ the best thing that I have/ Well, it makes it easier to know/ exactly what I want with my/Hands open and my eyes open/I just keep hoping that your heart opens.
Dan kuier mens saam met die Aarbeie. Hulle nuwe liefde is een van ‘n verteringsvuur, en hulle val elke oomblik daarin, tot die nadeel van almal rondom hulle. Dis soet liefde, amper te soet om te aanskou. Dit het dalk te doen met die feit dat hulle net soveel minute het om mekaar te geniet en te sien, maar hulle lewe so vasgevang in hulle eie wereld dat die mense rondom hulle verdwyn.
En hier sit ek en maak gereed om na ‘n troue toe te gaan waar twee mense ewige liefde en trou aan mekaar gaan beloof. Die liefde van gemak en tuiskom. Die liefde van deel en neem en gee. Sonder weerga en vooroordeel. Die liefde met oortuiging dat dit genoeg is om te hou tot die dood hulle skei.
Hoe weet jy dat dit wat jy het die lewe vir jou kan volmaak? En in die era van weggooi en kitsoplossings, moet ons soveel harder werk om liefde te he, te kry en gee. Waar leer ons van oorgee en volhou?
Jy’s nie generies nie/eks net pateties/dis redelik frustrerend/maar ek wil net iets warms vashou
Waarom speel Francois van Coke se song so in my kop? Die song ‘Klipgooi Glaskasteel’ is seker een van die mooiste (kan mens ‘n fokofpolisiekar song as mooi klassifiseer?) songs vir my van die ‘Brand Suid-Afrika’ album af. Dit vang die gemors waarin mens jouself bevind vas in ‘n paar woorde.
Sit nou al die hele dag en luister Snowpatrol, en wonder self waar my liefde inpas. Want ons is defnitief nie kort genoeg bymekaar om as nuwe liefde ingedeel te word nie, maar ook blykbaar nog nie by die gemaklike liefde van vir ewig in te pas nie. Dalk pas ons maar so erens tussen in. Hopelik vul ons liefde ook ‘n kamer met glans en gemak, sonder om mense bewus te maak van wat hulle mis, maar vul dit hulle harte met hoop dat hulle ook iemand sal ontmoet vir wie hulle kan oorgee sonder om skuldig te voel of te voel asof hulle te nagekom gaan word.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home