Friday, March 16, 2007

Verlange

Ek verlang vandag na mense wat uit my lewe verdwyn het. Vir al en enige rede. Mense wat een dag sou kom kuier, en nooit opgedaag het nie, wat in die wind verdwyn het en gate gelos het.
Mense van wie jy nou en dan nog deeltjies van hulle lewe hoor. Hulle bly in die kaap, het getrou, pa geword. Geskei. Is nou gelukkig.
Mense met wie ek dele van my lewe oop en bloot gelewe het. Vreugde en pyn gedeel het. My hand vasgehou het en my rug gevryf het totdat hulle vingers doodgegaan het. Mense wie ek gedink het altyd in my lewe sou wees, en vir wie ek nooit gese het hoeveel ek hulle waardeer nie. Aan wie ek in die nanag dink en wonder waar hulle is, en of hulle dalk aan my ook dink.

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Net gister sê iemand: verbeel jou jy is in 'n vliegtuig wat besig is om te val en jy het nog 'n kans om vir iemand 'n nota te los - vir wie sal jy dit skryf en wat sal jy vir die persoon wil sê?

Dit laat my self wonder oor al die verspeelde kanse om vir mense te sê wat hulle vir jou beteken ... voor dit te laat is om dat die lewe aangaan en mense uit mekaar s'n verdwyn.

5:09 am  

Post a Comment

<< Home